2 Timothy 2:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die kneg van die Here mag nie twis nie; maar wees sag teenoor alle mense, bekwaam om te leer, geduldig,
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here se diensknegte moenie twis nie, maar moet goedgesind teenoor almal wees. Hulle moet bekwaam wees om mense doeltreffend te onderrig en geduldig wees met moeilike mense.
Afrikaans 1933/1953
en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
Afrikaans 1983
'n Dienaar van die Here moenie rusie maak nie. Inteendeel, hy moet vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om ander te leer en iemand wat onreg kan dra.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Dienskneg van die Here moenie rusie maak nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig, geduldig,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Dienaar van die Here moenie twis met ander mense nie, hy moet vriendelik wees met almal. Die dienaar moet vir ander mense kan leer en hy moet geduldig wees, ook wanneer hy swaarkry.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Iemand wat vir die Here werk, moet nie baklei nie.