2 Timothy 2:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
In sagmoedigheid onderrig die wat hulleself teëstaan; as God hulle dalk bekering sal gee tot die erkenning van die waarheid;
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle moet dié wat die waarheid teenstaan, sagmoedig onderrig. Miskien sal God daardie mense se harte verander, en sal hulle die waarheid leer ken.
Afrikaans 1933/1953
Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
Afrikaans 1983
Met vriendelikheid moet hy teenstanders teregwys. Dit kan wees dat God hulle bekeer en hulle tot kennis van die waarheid bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
iemand wat teenstanders met sagtheid teregwys. Miskien mag God hulle tot bekering bring, sodat hulle die waarheid kan ken,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
As mense vir die gelowiges ander dinge leer as wat die dienaar van die Here vir hulle leer, dan moet die dienaar vir hulle sê dat hulle verkeerd is, maar hy moet dit mooi vir hulle sê. Miskien sal God hulle harte verander sodat hulle sal lewe soos Hy wil hê en sodat hulle die waarheid sal leer ken.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nee, hy moet liewer gaaf wees met almal. Hy moet liewer ’n goeie onderwyser van God se dinge wees en hom nie vererg as ander iets verkeerds teen hom doen nie. As ander met hom wil stry oor wat God sê, moet hy hulle mooi op die regte pad help. Dit kan wees dat God hulle hulle foute sal laat insien sodat hulle van opinie verander en dan aan die kant van die waarheid sal kom staan.