2 Timothy 2:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dat hulle hulself kan herstel uit die strik van die duiwel, wat deur hom gevange geneem is na sy wil.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal hulle tot hulle sinne kom en uit die duiwel se strik ontsnap. Want hulle word deur hom gevange gehou om net te doen wat hy wil hê.
Afrikaans 1933/1953
en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.
Afrikaans 1983
Dan sal hulle weer tot nugtere insig kom en vry raak uit die vangstrik van die duiwel, waarmee hy hulle gevange gehou het om sy wil te gehoorsaam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en hulle tot hulle sinne laat kom – vry van die strik van die Duiwel, deur wie hulle gevange gehou word om te doen wat hy wil hê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die duiwel het hierdie mense gevang om te doen wat hy wil hê. Miskien sal hulle weer reg kan dink en kan loskom uit die duiwel se vangstrik.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hulle sal besef dat hulle op die verkeerde pad was. Hulle sal die boeie breek waarmee Satan hulle geestelik gedwing het om net te doen wat hy wou gehad het.