2 Timothy 2:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Niemand wat oorlog voer, verstrik hom met die sake van hierdie lewe nie; dat hy hom kan behaag wat hom as soldaat uitverkies het.
Afrikaans (NLV) 2011
Geen soldaat raak verstrengeld in die beslommernisse van hierdie lewe nie, want dan kan hy die Een wat hom vir sy leër gewerf het, nie tevrede stel nie.
Afrikaans 1933/1953
Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
Afrikaans 1983
'n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Soldaat raak nie verstrik in sake van die alledaagse lewe nie, sodat hy sy bevelvoerder tevrede kan stel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Soldaat wat besig is om sy werk te doen en wat wil hê dat sy offisier tevrede moet wees met hom, moenie ook ander werk wil doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Soldaat se werk is om te doen wat sy bevelvoerder vra. Hy moet hom nie besig hou met allerhande ander dingetjies wat niks met sy werk as soldaat te doen het nie.