2 Timothy 2:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En as iemand hom ook beywer vir meesterskap, word hy tog nie gekroon nie, tensy hy wettiglik stry.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Atleet word nie gekroon as hy nie volgens die reëls deelneem nie.
Afrikaans 1933/1953
En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.
Afrikaans 1983
'n Atleet wat aan 'n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die reëls meeding.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Verder word 'n atleet wat aan 'n wedloop deelneem, nie bekroon as hy nie volgens die reëls meeding nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is soos wanneer iemand deelneem aan 'n atletiekbyeenkoms. Hy moet gehoorsaam wees aan al die reëls, anders kan hy nie wen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Laat ek nog ’n voorbeeld gee. Sê nou ’n atleet neem aan ’n resies deel. Hy sal net kan wen as hy al die reëls mooi nagekom het, anders word hy gediskwalifiseer.