2 Timothy 2:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dood opgewek is volgens my evangelie:
Afrikaans (NLV) 2011
Onthou voordurend dat Jesus Christus uit koning Dawid se nageslag gebore is en dat Hy uit die dood opgewek is. Dit is die Goeie Nuus wat ek verkondig.
Afrikaans 1933/1953
Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
Afrikaans 1983
Onthou altyd dat Jesus Christus, 'n nakomeling van Dawid, uit die dood opgewek is. Dit is die evangelie wat ek verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Onthou altyd dat Jesus Christus, uit die nageslag van Dawid, opgewek is uit die dood volgens my evangelie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy moet altyd aan Jesus Christus dink. Hy was van die nageslag van Dawid, en God het Hom weer laat lewe. Dit is die goeie boodskap wat ek preek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Moet nooit van Jesus Christus vergeet nie. Koning Dawid was sy voorvader. Hy was dood en God het Hom weer lewendig gemaak.