2 Timothy 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Weet ook dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy moet ook dít weet, Timoteus, dat daar gedurende die laaste dae moeilike tye sal kom.
Afrikaans 1933/1953
Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
Afrikaans 1983
Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit moet jy weet: In die laaste dae gaan daar moeilike tye kom;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar jy moet weet dat dit sleg sal gaan in hierdie laaste dae van die wêreld.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een ding moet julle nie vergeet nie: dit sal verskriklik gaan net voor die Here weer kom.