2 Timothy 3:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar jy het my leer, lewenswyse, voorneme, geloof, lankmoedigheid, liefde, geduld, ten volle geken,
Afrikaans (NLV) 2011
Maar jy, Timoteus, het my onderrig getrou gevolg, hoe ek lewe en wat my doel in die lewe is. Jy ken my geloof en hoe lank ek al gely het. Jy ken my liefde en my geduld en verdraagsaamheid.
Afrikaans 1933/1953
Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
Afrikaans 1983
Maar jy het my nagevolg in leer, lewenswandel en lewensdoel, in geloof, geduld, liefde en volharding,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jy het my egter nougeset nagevolg in leer, lewenswandel, voorneme, geloof, geduld, liefde en volharding,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar jy het begin om te doen wat ek doen, want jy leer vir die mense en jy lewe soos ek, jy maak dieselfde planne wat ek maak, jy glo soos ek, jy is geduldig, jy is lief vir mense en jy hou aan om te doen wat jy moet doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Timoteus, jy ken my baie goed. Jy weet alles wat ek vir mense vertel van God en Christus. Jy weet hoe ek leef, wat ek van die lewe wil hê, hoe ek op Jesus vertrou en hoeveel tyd ek vir ander mense het. Jy ken ook my liefde vir ander en weet hoe geduldig ek met mense kan wees.