2 Timothy 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Vervolgings, beproewings wat oor my gekom het in Antiogië, in Ikonium, in Listre; watter vervolgings het ek verduur, maar uit hulle almal het die Here my gered.
Afrikaans (NLV) 2011
Jy weet hoeveel vervolging en lyding ek verduur het. Jy weet alles van hoe ek vervolg is in Antiogië, Ikonium en Listra, maar die Here het my uit alles verlos.
Afrikaans 1933/1953
vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antioch¡ë, in Ikonium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
Afrikaans 1983
in vervolging en ontbering soos my te beurt geval het in Antiogië, Ikonium en Listra. Watter vervolging moes ek nie alles verduur nie! Maar die Here het my uit almal gered.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
in vervolging en lyding, soos wat ek in Antiogië, Ikonium en Listra ervaar het. Watter vervolgings ek ook al verduur het – die Here het my van alles gered!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jy doen dit ook wanneer mense jou verdruk en jou laat swaarkry. Dieselfde het met my gebeur in die stede Antiogië, Ikonium en Listra. Ek het op baie maniere swaargekry, en die Here het my uit al my probleme gered.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ook my seerkry en swaarkry ter wille van Jesus ken jy. Jy onthou mos nog wat met my in Antiogië, Ikonium en Listra gebeur het. Hoe het hulle my nie probeer seermaak en vervolg nie! Maar die Here self het daarvoor gesorg dat ek veilig uit al hierdie dinge gekom het.