2 Timothy 3:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar bose mense en verleiers sal erger en erger word, hulle verlei en verlei word.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar bose mense en swendelaars sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle sal aanhou om mense te mislei, en hulle sal self mislei word.
Afrikaans 1933/1953
Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
Afrikaans 1983
Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger. Hulle mislei ander en word self mislei.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Slegte mense en bedrieërs sal van kwaad tot erger gaan, deurdat hulle ander mislei, en mislei word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
en mense wat sleg is en wat ander mense bedrieg, sal nog slegter word. Hulle sal ander mense verlei, en ander mense sal húlle verlei.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die klomp skelms gaan net woester en slegter word. Dit is ’n bose kringloop. Hulle lei ander op die verkeerde pad omdat die duiwel húlle op die verkeerde pad gelei het.