2 Timothy 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Om 'n gedaante van godsaligheid te hê, maar die krag daarvan te verloën; draai weg van sulkes.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle sal optree asof hulle godsdienstig is, maar dit ontken wat aan die Christelike godsdiens sy krag gee. Jy moet wegbly van sulke mense af.
Afrikaans 1933/1953
mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
Afrikaans 1983
Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
mense wat wel 'n skyn van godvresendheid voorhou, maar wat die krag van godvresendheid misken. Bly weg van sulke mense.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit sal miskien lyk of hierdie mense vir God dien, maar hulle sal nie lewe soos mense wat vir God dien nie. Jy moet wegbly van daardie mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van buite af sal dit lyk of hulle kerkmense is, maar aan hulle binnekant sal hulle dolleeg wees, sonder God en sy krag. Bly weg van hierdie tipe mense af.