2 Timothy 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want van hierdie soort is hulle wat in huise insluip en dwase vroue gevange lei, belaai met sondes, weggelei met allerhande begeerlikhede,
Afrikaans (NLV) 2011
Onder hulle is dié wat hulleself in mense se huise kan inwurm en die vertroue van kwesbare vroue wen wat belaai is met sondeskuld en beheer word deur baie begeertes.
Afrikaans 1933/1953
Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
Afrikaans 1983
Party van hulle dring in die huise in en kry liggelowige vroue wat met sonde belaai is en deur allerlei sinlike begeertes gedryf word, in hulle mag,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want onder hulle is daar diegene wat huisgesinne binnedring, en ligsinnige vroue, oorlaai met sondes, hulle prooi maak – vroue wat voortgedryf word deur allerlei begeertes,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want dit is daardie soort mense wat vals is wanneer hulle in huise inkom en wat dan die vroue alles laat glo wat hulle vir hulle leer, die vroue wat graag enige iets glo. Dit is vroue wat baie sonde gedoen het en wat altyd graag baie meer dinge wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Party van hulle gaan bly as gaste in die huis van gelowiges. Hulle bewerk dit dan so dat ’n vrou wat byvoorbeeld maklik iets glo, aan hulle lippe begin hang.