2 Timothy 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Leer altyd en kan nooit tot kennis van die waarheid kom nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Sulke vroue is altyd besig om nuwe leringe na te volg, maar hulle kry dit nie reg om die waarheid te begryp nie.
Afrikaans 1933/1953
wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
Afrikaans 1983
vroue wat altyd iets wil leer, maar tog nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
wat altyd aan die leer is, maar nooit tot volle begrip van die waarheid kan kom nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hierdie vroue wil altyd meer leer, maar hulle weet nooit wat die waarheid van God is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Omdat so ’n vrou nie ’n sterk persoonlikheid het nie, pla die dinge wat sy in die verlede gedoen het haar en buitendien begeer sy allerhande lelike dinge. Hierdie vroue stel altyd vreeslik belang om iets nuuts te hoor, maar hulle kom nooit by die waarheid uit nie en weet ook nie wat waar is en wat nie waar is nie.