2 Timothy 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so weerstaan hulle ook die waarheid: manne met korrupte verstand, verwerplik in die geloof.
Afrikaans (NLV) 2011
En hierdie leermeesters bestry die waarheid net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het. Hulle denke is korrup en hulle geloof is niks werd nie.
Afrikaans 1933/1953
En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
Afrikaans 1983
Net soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat in die verstand verward is en in die geloof 'n mislukking.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
En soos Jannes en Jambres hulle teen Moses verset het, net so verset hierdie mense hulle teen die waarheid, mense wat korrup is in hulle denke en onbetroubaar in hulle geloof.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat vir die vroue leer, probeer keer dat hulle die waarheid hoor, soos Jannes en Jambres vir Moses probeer keer het. Hulle is mense wat nie meer reg kan dink nie, hulle geloof beteken niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Net soos Jannes en Jambres, die towenaars van die farao, Moses se teëstanders was, so is hierdie mense die waarheid se teëstanders. Hulle is deurmekaar en heeltemal van die spoor af, veral as dit oor die dinge van die geloof gaan.