2 Timothy 3:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir alle mense openbaar word, soos hulle s'n ook was.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar hulle sal nie lank hiermee wegkom nie, want dit sal vir almal duidelik blyk watter dwase hulle is, net soos dit gebeur het met Jannes en Jambres.
Afrikaans 1933/1953
Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook die van daardie manne geword het.
Afrikaans 1983
Maar hulle sal nie ver kom nie, omdat hulle dwaasheid vir almal duidelik sal wees, net soos dit die geval was met Jannes en Jambres.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar hulle sal nie baie ver kom nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos dit ook met Jannes en Jambres die geval was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar hulle is dwase en hulle sal nie kan doen wat hulle wil doen nie. Almal sal kan sien dat hulle dwaas is, soos almal ook gesien het dat Jannes en Jambres dwaas is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense sal nie baie ver kom nie. Mense sal deur hulle sien soos hulle destyds deur Jannes en Jambres gesien het. Hulle sal sien dat hierdie mense nie weet waarvan hulle praat nie.