2 Timothy 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Net Lukas is by my. Neem Markus en bring hom saam, want hy is vir my nuttig vir die bediening.
Afrikaans (NLV) 2011
Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou wanneer jy kom, want hy kan my behulpsaam wees.
Afrikaans 1933/1953
Lukas is alleen by my. Markus moet jy gaan haal en saam met jou bring, want hy kan my baie tot diens wees.
Afrikaans 1983
Net Lukas is by my. Gaan haal vir Markus en bring hom saam met jou, want hy kan my tot groot diens wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Net Lukas is nog by my. Gaan haal vir Markus, en bring hom saam met jou, want hy is vir my baie nuttig in die bediening.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dit is net Lukas wat nou by my is. Jy moet vir Markus gaan haal en jy moet hom saam met jou bring, want hy kan my baie goed help om my werk te doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nog net Lukas is by my. As jy kom, moet jy ook vir Markus saambring. Hy kan baie vir my en vir die werk van die Here doen.