2 Timothy 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daar sal 'n tyd kom wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie; maar volgens hulle eie begeerlikhede sal hulle vir hulle leraars versamel met gestreelde ore;
Afrikaans (NLV) 2011
Want daar kom ’n tyd wanneer mense nie meer na gesonde onderrig sal luister nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en leermeesters soek wat net verkondig wat hulle graag wil hoor.
Afrikaans 1933/1953
want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle 'n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede,
Afrikaans 1983
want daar sal 'n tyd kom wanneer die mense die gesonde leer nie meer sal verdra nie. Hulle sal hulle eie begeertes volg en vir hulle leermeesters bymekaarmaak wat net sal sê wat hulle graag wil hoor.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want daar kom 'n tyd wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar omdat hulle ore gestreel wil word deur wat hulle hoor, sal hulle vir hulleself leermeesters na eie begeerte uitsoek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want die tyd sal kom wanneer mense nie sal wil luister wanneer iemand vir hulle die regte dinge leer nie. Nee, hulle sal net die dinge wil hoor wat hulle wil hoor. Daarom sal hulle baie mense kies wat vir hulle leer soos húlle dit wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die tyd sal kom wanneer mense nie meer belang sal stel om na die waarheid te luister nie. Hulle sal eerder wil aanloop agter dinge wat vir hulle lekker is. Daarom sal hulle liewer na predikers toe stroom wat net vir hulle vertel wat hulle graag wil hoor.