3 John 1:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom, as ek kom, sal ek dink aan sy dade wat hy doen deur teen ons te praat met kwaadwillige woorde;
Afrikaans (NLV) 2011
Daarom, wanneer ek ook al kom, sal ek sy optrede onthou: Hy belaster ons deur bose gerugte te versprei, en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy selfs ook nie die gelowiges nie. Dié wat dit nog wil doen, verhinder hy en verban hulle uit die gemeente.
Afrikaans 1933/1953
Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.
Afrikaans 1983
Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons; en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom sal ek, wanneer ek kom, julle herinner aan die dade wat hy doen. Hy versprei slegte stories oor ons, en asof dit vir hom nie genoeg is nie, ontvang hy self die broers nie goed nie. Boonop verhinder hy ook nog diegene wat dit wil doen, en dryf hulle uit die gemeente uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, wanneer ek na julle toe kom, dan sal ek vir julle gemeente alles vertel wat hy gedoen het. Hy skinder van my, en hy doen ook ander slegte dinge. Hy wil ook nie ander gelowiges laat inkom in julle gemeente nie, en as daar mense is wat die ander gelowiges laat inkom, dan skop hy daardie mense uit die kerk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dít kan ek nie so los nie. As ek weer na julle toe kom, sal ek hom onder vier oë spreek oor die goed wat hy aanvang en rondvertel. Hy versprei allerhande lelike en sommer bose stories oor ons en dit is net ’n hoop leuens. Dit is nie al nie. Dit word nog erger! Hy weier om mede-Christene gasvry te ontvang. Hy staan ook sowaar in die pad van diegene wat dit tog graag wil doen. En as hulle nie na hom wil luister nie, gooi hy hulle sommer uit die gemeente uit.