3 John 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geliefdes, volg nie wat sleg is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God, maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Geliefde vriend, moet tog nie dié slegte voorbeeld navolg nie. Volg liewer die goeie. Dié wat goed doen, is van God afkomstig; dié wat sleg doen, het God tot nou toe nie gesien nie.
Afrikaans 1933/1953
Geliefde, moenie navolg wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
Afrikaans 1983
Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen, behoort aan God; wie verkeerd doen, het nie vir God gesien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Geliefde, moenie die kwaad navolg nie, maar die goeie. Wie goed doen, is uit God; wie kwaad doen, het God nie gesien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Liewe vriend, daar is mense wat slegte dinge doen. Maar jy moenie dit doen nie. Jy moet goeie dinge doen. Almal wat goed doen, is God se kinders. Maar almal wat sleg doen, glo nie in God nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
My liewe Gaius, neem die goeie as voorbeeld en patroon vir jou lewe en nie die slegte nie. Onthou, die een wat die goeie doen, is die kind van God. Daarteenoor het die een wat slegte dinge doen nie naastenby ’n begrip van hoe God lyk nie.