3 John 1:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Demetrius het goeie verslag van alle mense, en van die waarheid self; ja, en ons getuig ook; en julle weet dat ons getuienis waar is.
Afrikaans (NLV) 2011
Almal getuig positief oor Demetrius; ook die waarheid self onderskryf dit. Ons getuig dit ook en jy weet dat ons getuienis betroubaar is.
Afrikaans 1933/1953
Van Dem,trius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.
Afrikaans 1983
Van Demetrius getuig almal net wat goed is, en ook die waarheid bevestig dit. Ons getuig dit ook, en jy weet dat ons getuienis waar is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Oor Demetrius is deur almal positief getuig, ook deur die waarheid self. Ook ons getuig, en jy weet dat ons getuienis waar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek stuur ook vir Demetrius na jou toe. Almal praat goed van hom. Die dinge wat hy doen, wys ook dat hy goed is. Ek praat ook goed van hom en jy weet dat ek die waarheid praat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Almal praat net met die hoogste lof van Demetrius. Om dit so te stel, as jy die waarheid self sou kon vra, sou die getuienis net so bevestigend gewees het. Ons kan hierdie goeie getuienis oor hom maar net bevestig. En julle weet mos dat ons die waarheid sal praat.