3 John 1:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Geliefdes, ek wens bo alles dat jy voorspoedig mag wees en gesond mag wees, net soos jou siel voorspoedig is.
Afrikaans (NLV) 2011
Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.
Afrikaans 1933/1953
Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles goed mag gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
Afrikaans 1983
Liewe Gaius, ek hoop dat jy gesond is en dat dit in alle opsigte so goed gaan met jou as wat dit geestelik met jou gaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Geliefde, ek bid dat jy gesond mag wees, en dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan, soos dit met jou siel goed gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Liewe vriend, ek bid dat alles goed sal gaan met jou. Ek bid dat dit met jou gesondheid ook goed sal gaan, so goed soos dit met jou geloof gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek weet dat dit sommer uitstekend met jou geestelike lewe gaan. Ek hoop dat dit ook van al die ander dinge in jou lewe waar sal wees, veral ook wat jou gesondheid betref. Ek bid daarvoor.