3 John 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want ek was baie bly toe die broeders gekom het en getuig het van die waarheid wat in jou is, soos jy in die waarheid wandel.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek was baie ingenome toe hier van die gelowiges aangekom het en getuig het dat jy jou aan die waarheid verbind het om in ’n hegte verbondenheid daaraan te lewe.
Afrikaans 1933/1953
want ek was baie bly as daar broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.
Afrikaans 1983
Ek was baie bly toe hier medegelowiges kom en van jou trou aan die waarheid vertel, hoe jy in die waarheid lewe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want ek was baie bly toe hier broers kom, en oor jou waarheid getuig, hoe jy die pad van waarheid loop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek was baie bly toe party van die gelowiges van ons gemeente kom vertel het dat jy die waarheid ken en doen wat God vir ons sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Gaius, ek kan jou nie sê hoe lekker ek gevoel het toe mede-Christene kom vertel het hoe belangrik die goddelike waarheid vir jou is nie. Hulle het kom vertel dat die manier waarop jy leef werklik ’n vertoonvenster vir daardie waarheid is. Ek was regtig bly toe ek dit hoor.