3 John 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat getuig het van u liefde voor die gemeente; aan wie u goed sal doen as u op hulle reis voortbring volgens 'n goddelike soort.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het voor die gemeente plegtig vertel van jou liefde. Jy doen goed deur hulle op hulle reise voort te help soos God dit wil hê.
Afrikaans 1933/1953
wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n voor God waardige wyse.
Afrikaans 1983
Hulle het hier voor die gemeente vertel van jou liefde. Help hulle asseblief vir hulle verdere reis op 'n wyse soos God dit verwag,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het voor die •gemeente van jou liefde getuig. Jy sal goed doen as jy hulle voorthelp op 'n manier wat God waardig ag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het vir die gemeente hier vertel van jou liefde. Ek stuur hulle nou weer na jou toe. Dit sal goed wees as jy hulle help sodat hulle verder kan gaan soos God wil hê hulle moet gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hulle weer hier by ons gemeente aangekom het, het hulle ons alles vertel, en dit was ’n mooi verhaal van jou liefde. Jy doen die regte ding om sulke mense op reis te help. As jy dit doen, kan jy maar seker weet dat God sy hand van tevredenheid op jou skouer sal sit.