3 John 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat hulle ter wille van sy Naam uitgegaan het en niks van die heidene geneem het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Inderdaad, hulle gaan rond ter wille van die saak van Christus en ontvang niks van die ongelowiges nie.
Afrikaans 1933/1953
Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.
Afrikaans 1983
want hulle is op reis om Christus te verkondig, en hulle ontvang niks van die heidene nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want ter wille van die Naam, het hulle uitgegaan, sonder om iets van die heidene te ontvang.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle gaan om vir ander mense van Christus te vertel, maar die mense wat nie gelowiges is nie, gee vir hulle niks.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense het die reis aangepak omdat Jesus dit van hulle gevra het. Van ongelowiges kry hulle natuurlik geen hulp nie.