3 John 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ons behoort dan sulkes te ontvang, sodat ons medehelpers van die waarheid kan wees.
Afrikaans (NLV) 2011
Ons moet sulke mense ondersteun, sodat ons saam medewerkers kan word in diens van die waarheid.
Afrikaans 1933/1953
Ons behoort dan sulke mense goed te ontvang, sodat ons mede-arbeiders van die waarheid kan word.
Afrikaans 1983
Dit is dus óns plig om sulke mense te onderhou, sodat ons daardeur ons deel kan bydra tot die verspreiding van die waarheid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ons behoort sulke mense daarom goed te ontvang, sodat ons medewerkers van die waarheid kan wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Daarom, ons moet mense help wat vir ander mense van Christus vertel. As ons dit doen, dan help ons hulle om die waarheid vir almal te vertel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ons het dus die plig om sulke mense te help waar ons kan. Op dié manier word ons ook deel van die span wat die goddelike waarheid oral versprei.