3 John 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes, wat graag die voorrang onder hulle wil hê, ontvang ons nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek het hieroor aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes wat homself graag eerste stel, het ons gesag eenvoudig nie aanvaar nie.
Afrikaans 1933/1953
Ek het aan die gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.
Afrikaans 1983
Ek het 'n briefie aan julle gemeente geskrywe, maar Diotrefes, wat danig daarop gesteld is dat hy hulle voorganger is, aanvaar nie ons gesag nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek het hieroor aan die gemeente geskryf, maar Diotrefes, wat graag die belangrikste onder hulle wil wees, gee nie aan ons erkenning nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek het 'n brief vir die gemeente in julle stad geskryf, maar Diotrefes doen nie wat ons vra nie. Hy hou daarvan om die belangrikste in die gemeente te wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het vroeër ook so iets aan julle gemeente geskryf. Diotrefes was egter die vlieg in die salf. Hy is mos iemand wat altyd baas wil speel. Hy wou glad nie aanvaar wat ek geskryf het nie en het dit geïgnoreer.