Acts 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat ook gesê het: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? hierdie selfde Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien opgaan het.
Afrikaans (NLV) 2011
Die twee mans sê toe: “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!”
Afrikaans 1933/1953
wat sê: Galil,se manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.
Afrikaans 1983
Dié sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
en vra: “Galileërs, waarom staan en staar julle na die hemel? Hierdie Jesus, wat van julle na die hemel weggeneem is, sal net so terugkom soos wat julle Hom na die hemel sien weggaan het. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die manne het gesê: “Manne van Galilea, hoekom kyk julle so na die hemel? God het vir Jesus weggeneem na die hemel, maar dieselfde Jesus sal weer kom soos julle gesien het dat Hy weggaan na die hemel.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Een van die mans vra toe vir die dissipels: “Hoekom staan julle so na die hemel en kyk? Dink julle dat julle nooit weer vir Jesus gaan sien nie? Hierdie selfde Jesus wat nou voor julle oë na sy hemelse woonplek toe vertrek het, sal op presies dieselfde manier na julle toe terugkom.”