Acts 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hulle ingegaan het, het hulle in die bovertrek opgegaan, waar Petrus en Jakobus en Johannes en Andreas, Filippus en Thomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus, die seun van Alfeus, en Simon Selotes en Judas die broer van Jakobus.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle is toe na die bovertrek toe waar hulle tuisgegaan het. Die volgende persone was daar: Petrus, Johannes, Jakobus, Andreas, Filippus, Tomas, Bartolomeus, Matteus, Jakobus (seun van Alfeus), Simon die Yweraar, en Judas (seun van Jakobus).
Afrikaans 1933/1953
En toe hulle daar kom, gaan hulle na die bo-vertrek waar hulle gewoond was om te vertoef, naamlik: Petrus en Jakobus en Johannes en Andr,as, Filippus en Thomas, Bartholom,Âs en Matth,Âs, Jakobus, die seun van Alf,Âs, en Simon, die Yweraar, en Judas, die seun van Jakobus.
Afrikaans 1983
In die stad aangekom, is hulle na die bovertrek toe waar hulle gewoonlik vertoef het. Dit was Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas seun van Jakobus.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hulle daar aankom, het hulle opgegaan na die bovertrek waar hulle gebly het: •Petrus en Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Thomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus, seun van Alfeus, Simon die Seloot en Judas, die seun van Jakobus.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hulle in Jerusalem kom, het hulle na die huis se bo-kamer gegaan waar hulle gebly het. Die apostels se name was: Petrus en Johannes en Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon die patriot en Judas die seun van Jakobus.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarvandaan het die apostels toe teruggestap stad toe, na ’n groot kamer op die boonste verdieping van een van die geboue. Daar het hulle gereeld bymekaargekom. Al die oorblywende apostels was daar: Petrus, Johannes, Jakobus en Andreas, Filippus en Tomas, Bartolomeus en Matteus, Jakobus die seun van Alfeus, Simon wat ’n Seloot was, en ook Judas die seun van Jakobus.