Acts 1:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in daardie dae het Petrus tussen die dissipels opgestaan en gesê: (Die getal name saam was omtrent honderd-en-twintig)
Afrikaans (NLV) 2011
In daardie tyd was daar ’n byeenkoms van sowat 120 gelowiges. Petrus het tussen hulle opgestaan en gesê:
Afrikaans 1933/1953
En in die dae het Petrus in die midde van die dissipels opgestaan -- die skare van persone daar bymekaar was omtrent honderd en twintig -- en gesê:
Afrikaans 1983
In daardie tyd was daar 'n byeenkoms van die sowat honderd en twintig gelowiges. Petrus het die leiding geneem en gesê:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie dae het •Petrus tussen die broers opgestaan – daar was ongeveer honderd-en-twintig mense bymekaar – en gesê:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Eendag was daar omtrent 120 mense bymekaar. Toe het Petrus, die leier, opgestaan en vir hulle gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het Petrus vir hulle gesê: