Acts 1:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hierdie man het 'n stuk grond gekoop met die beloning van ongeregtigheid; en hy het halsoorkop geval en in die middel uitmekaar gebars, en al sy ingewande het uitgevloei.
Afrikaans (NLV) 2011
(Met die omkoopgeld wat Judas vir sy verraad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en sy middellyf het oopgebars. Al sy ingewande het uitgepeul.
Afrikaans 1933/1953
Hy het dan 'n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid en het vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgestort;
Afrikaans 1983
“Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy 'n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het mos 'n stuk grond aangeskaf uit die geld wat hy as beloning vir sy bose daad ontvang het. Hy het egter vooroor geval, in die middel oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Judas het 'n stuk grond gekoop met die omkoopgeld wat hy van die Joodse leiers gekry het. 'n Paar dae later het hy vooroor geval, sy maag het oopgebars en sy derms het uitgekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Met die omkoopgeld wat hy gekry het om Jesus te verraai, het hy vir hom ’n stuk grond gaan koop. Maar hy is ’n paar dae gelede daar dood.