Acts 1:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit was bekend aan al die inwoners van Jerusalem; in soverre daardie veld in hulle regte tong genoem word, Aceldama, dit wil sê, die veld van bloed.
Afrikaans (NLV) 2011
Die nuus oor sy dood het vinnig onder die inwoners van Jerusalem versprei. Hulle het daardie plek toe Akeldama genoem, ’n Aramese woord wat “Bloedgrond” beteken.)
Afrikaans 1933/1953
en dit het bekend geword aan al die inwoners van Jerusalem, sodat daardie stuk grond in hulle eie taal Akeld ma genoem is, dit is Bloedgrond.
Afrikaans 1983
Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dit het onder al die inwoners van Jerusalem bekend geword, met die gevolg dat daardie stuk grond in hulle eie taal as Akeldama bekend staan, dit is: ‘Bloedgrond’.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Jerusalem weet almal daarvan. Hulle noem daardie stuk grond in hulle eie taal ‘Akeldama,’ dit beteken ‘Bloedgrond.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het hom doodgeval. Sy binneste het oopgebars van die val sodat hy hom doodgebloei het. Dalk het julle ook daarvan te hore gekom. Judas se dood is immers hoofnuus hier in Jerusalem se strate. Die mense noem daardie stuk grond van hom nou Bloedgrond, of soos hulle in Hebreeus sê: Akeldama.