Acts 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Tot op die dag waarop Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees bevele gegee het aan die apostels wat Hy uitverkies het:
Afrikaans (NLV) 2011
tot op die dag toe Hy opgeneem is. Voor sy hemelvaart het Hy deur die Heilige Gees aan die mans wat Hy as apostels uitgekies het, opdragte gegee.
Afrikaans 1933/1953
tot op die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy aan die apostels wat Hy uitverkies het, deur die Heilige Gees bevele gegee het;
Afrikaans 1983
tot op die dag van sy hemelvaart. Voordat Hy in die hemel opgeneem is, het Hy deur die Heilige Gees bevele gegee aan die manne wat Hy as apostels uitgekies het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
tot die dag dat Hy opgeneem is, nadat Hy deur die Heilige Gees opdragte gegee het aan die •apostels wat Hy uitgekies het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
tot die dag toe Jesus na die hemel gegaan het. Jesus het mense gekies om sy apostels te wees, en voordat God Hom na die hemel geneem het, het Jesus vir die apostels gesê wat hulle moet doen wanneer Hy weg is. Die Heilige Gees het vir Jesus gesê wat Hy vir hulle moet sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nadat Jesus uit die dood opgestaan het, het Hy oor ’n tyd van 40 dae ’n hele paar keer aan sy apostels verskyn om vir hulle te wys dat Hy regtig lewe.