Acts 1:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want daar is geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woning woes word, en laat niemand daarin woon nie;
Afrikaans (NLV) 2011
Petrus het voortgegaan: “Dis presies soos dit in die Psalmboek geskryf staan: ‘Laat sy woonplek verlate word; laat niemand daar bly nie.’ “En op ’n ander plek: ‘Laat iemand anders sy toesigverantwoordelikheid oorneem.’
Afrikaans 1933/1953
Want daar staan geskrywe in die boek van die Psalms: Laat sy woonplek woes word, en laat daar geen inwoner in wees nie! En: Laat 'n ander een sy opsienersamp neem.
Afrikaans 1983
“In die boek van die Psalms staan daar: “Laat sy woonplek leeg word; laat niemand daarin woon nie, “en: “Laat 'n ander sy amp oorneem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want daar staan in die Psalms geskryf: “ ‘Laat sy woonplek verlate word, en laat geen inwoner daarin bly nie.’ En: “ ‘Laat 'n ander sy amp as opsiener oorneem.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want in die Psalms is daar geskryf: “ Sy woonplek moet 'n woestyn word, daar moet niemand woon nie, “en “ iemand anders moet sy werk doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“In een van die psalms van Dawid staan daar: Laat sy grond leeg staan sodat niemand daar gaan bly nie. “Dawid het ook gesê: Iemand anders moet sy werk oorneem. “Judas se plek in ons kring van apostels is nou leeg. Ons moet iemand in sy plek kies.