Acts 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van alle mense ken, toon aan of U van hierdie twee gekies het,
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle bid toe saam dat die regte een verkies word. “Here,” het hulle gebid, “U ken elke hart. Wys ons watter een U gekies het
Afrikaans 1933/1953
En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
Afrikaans 1983
En die gelowiges het gebid: “Here, U wat die harte van almal ken, wys die een aan wat U uit hierdie twee verkies het
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het hulle soos volg gebid: “U, Here, wat almal se harte ken, wys U uit hierdie twee die een aan wat U gekies het
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het hulle gebid en gevra: “Here, U ken almal se harte. U het een van hierdie twee manne gekies
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het al die gelowiges gebid en gesê: “Here, U weet presies wat in mense se binneste aangaan. U ken ons almal deur en deur.