Acts 1:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
sodat hy deel kan neem aan hierdie bediening en apostelskap waaruit Judas oortree het, om na sy eie plek te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
om as apostel te dien in die plek van Judas wat ons in die steek gelaat het en na die plek toe is waar hy hoort.”
Afrikaans 1933/1953
om die lot van hierdie bediening en apostelskap te verkry, waarvan Judas afgewyk het om heen te gaan na sy eie plek.
Afrikaans 1983
om as apostel te dien in die plek wat Judas leeg gelaat het toe hy gegaan het na waar hy hoort.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
om die taak van hierdie diens van •apostel oor te neem, waarvan Judas afvallig geraak het, om na die plek te gaan wat hom toekom.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
om in Judas se plek te werk en 'n apostel te wees. U moet vir ons wys wie dit is, want Judas het sy werk gelos en hy het na sy eie plek gegaan.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wie van hierdie twee mans wil U hê moet Judas se plek as apostel oorneem? Judas is hierdie wonderlike werk kwyt omdat hy nie na U geluister het nie.”