Acts 1:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het hul lote uitgegee; en die lot het op Mattias geval; en hy is saam met die elf apostels getel.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het toe geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.
Afrikaans 1933/1953
Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matth¡as geval; en hy is gekies om saam met die elf apostels te wees.
Afrikaans 1983
Hulle het geloot, en die loting het vir Mattias aangewys. So is hy gekies as die twaalfde apostel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe het hulle geloot, en die lot het op Mattias geval. Hy is daarop by die elftal apostels gevoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hulle het lootjies getrek en die lootjie het gewys dit moet Mattias wees. Toe was Mattias ook 'n apostel saam met die elf apostels.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarna het hulle lootjies getrek. Mattias is as die nuwe apostel gekies.