Acts 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Aan wie hy ook na sy hartstog lewend getoon het deur baie onfeilbare bewyse, terwyl hy veertig dae lank daarvan gesien is, en gespreek het oor die dinge van die koninkryk van God.
Afrikaans (NLV) 2011
In die loop van 40 dae na sy lydenstyd het Hy by verskeie geleenthede aan die apostels verskyn, en op baie maniere aan hulle bewys dat Hy regtig lewe. Hy het telkens met hulle oor die koningsheerskappy van God gepraat.
Afrikaans 1933/1953
aan wie Hy ook, nsy lyde, Hom lewend vertoon het deur baie kentekens, terwyl Hy gedurende veertig dae aan hulle verskyn het en oor die dinge van die koninkryk van God gespreek het.
Afrikaans 1983
Ná sy dood het Hy aan hulle met baie onbetwisbare bewyse ook getoon dat Hy lewe. In die loop van veertig dae het Hy by verskeie geleenthede aan hulle verskyn en met hulle oor die dinge van die koninkryk van God gepraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Aan hulle het Hy, ná sy lyding, deur talle tekens getoon dat Hy leef, toe Hy oor 'n tydperk van veertig dae aan hulle verskyn en met hulle oor die sake van die •koninkryk van God gepraat het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Jesus swaargekry en gesterf het, het Hy vir die apostels gewys dat Hy weer lewe. Hy het baie maal vir hulle bewys dat Hy weer lewe. Hy het 40 dae lank baie maal aan hulle verskyn en vir hulle vertel van God wat Koning is oor almal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het gereeld met hulle oor God se nuwe wêreld gepraat.