Acts 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe hulle dan bymekaar was, het hulle Hom gevra en gesê: Here, sal U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer herstel?
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?”
Afrikaans 1933/1953
Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Afrikaans 1983
Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hulle bymekaar was, het hulle Hom gevra: “Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe die apostels weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, sal U nou vir Israel weer 'n sterk volk maak wat sy eie koning het?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Ander keer het een van die apostels vir Jesus gevra: “Here, sê asseblief vir ons, gaan U Israel nou weer tot sy vorige glorie herstel, soos in die dae toe ons nog ons eie koning gehad het?”