Acts 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Hy sê vir hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of seisoene te weet wat die Vader in sy eie mag gestel het nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie.
Afrikaans 1933/1953
En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie;
Afrikaans 1983
Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tye en spesifieke geleenthede te ken wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar Jesus het vir hulle gesê: “Julle mag nie weet wanneer die Vader die dinge sal doen wat Hy graag wil doen nie. Net Hy kan besluit wanneer Hy dit sal doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarop het Jesus geantwoord: “Dit is vir God om oor hierdie dinge te besluit, nie vir julle nie. “Al wat julle hoef te weet, is dat God met sy groot krag in julle lewe sal werk wanneer die Heilige Gees na julle toe kom.