Acts 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy hierdie dinge gespreek het, terwyl hulle dit sien, is Hy opgeneem; en 'n wolk het hom voor hulle oë weggeneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het dit gesê, en is toe in die hemelruim opgeneem terwyl hulle toekyk. Hy het in ’n wolk verdwyn.
Afrikaans 1933/1953
En nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien; en 'n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.
Afrikaans 1983
Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle toekyk, en 'n wolk het Hom uit hulle gesigsveld weggeneem.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nadat Jesus hierdie dinge gesê het, het God vir Jesus opgeneem na die hemel, terwyl die apostels gestaan en kyk het. En 'n wolk het vir Jesus toegemaak sodat hulle Hom nie meer kon sien nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na hierdie woorde het Jesus van die Olyfberg af na die hemel teruggekeer.