Acts 11:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe het die tyding van hierdie dinge tot die ore gekom van die gemeente wat in Jerusalem was, en hulle het Bárnabas uitgestuur om tot by Antiogië te gaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe die gemeente in Jerusalem hoor wat gebeur het, het hulle Barnabas Antiogië toe gestuur.
Afrikaans 1933/1953
En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het B rnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antioch¡ë.
Afrikaans 1983
Die berig hieroor het die gemeente in Jerusalem bereik, en hulle het vir Barnabas na Antiogië toe gestuur.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die berig oor hulle het die •gemeente in Jerusalem ter ore gekom, en hulle het Barnabas gestuur om na Antiogië te gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die gemeente in Jerusalem het gehoor wat daar in Antiogië gebeur het, en hulle het vir Barnabas gestuur om na Antiogië te gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hierdie nuus die Jerusalemgemeente bereik, het hulle vir Barnabas na Antiogië toe gestuur om te kyk of die nuwe gelowiges darem doen wat God vra.