Acts 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kretes en Arabiere, ons hoor hulle die wonderlike werke van God in ons tong spreek.
Afrikaans (NLV) 2011
Jode sowel as proseliete, Kretensers en Arabiere. Ons almal hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het!”
Afrikaans 1933/1953
Kretense en Arabiere -- ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God spreek.
Afrikaans 1983
Jode sowel as heidene wat die Joodse geloof aangeneem het, Kretensers en Arabiere — ons hoor hulle in ons eie tale praat oor die groot dinge wat God gedoen het.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jode en proseliete, mense van Kreta en Arabiere – ons hoor hulle in ons eie taal oor die groot dade van God praat.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
ook Jode en heidene wat die Jode se godsdiens aanvaar het, Kretensers en Arabiere. Ons hoor hoe praat hulle in ons eie tale oor die groot dinge wat God gedoen het.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Behalwe al die Jode van oor die hele wêreld staan hier ook mense uit ander volke wat later die Joodse geloof aangeneem het. Daar is inwoners van die eiland Kreta en ook ’n groep Arabiere. En tog hoor ons almal nou in ons eie taal hoe dié mense met ons praat oor al die groot dinge wat God doen.”