Acts 2:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want hulle is nie dronk soos julle dink nie, aangesien dit maar die derde uur van die dag is.
Afrikaans (NLV) 2011
Party van julle beweer hierdie mense is dronk. Dis nie waar nie! Dis heeltemal te vroeg daarvoor. Mense is nie nege-uur in die oggend al dronk nie.
Afrikaans 1933/1953
Hierdie mense is tog nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar die derde uur in die môre.
Afrikaans 1983
Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie, want dit is nog maar nege-uur in die môre.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierdie mense is nie dronk soos julle dink nie; dit is immers nog net die derde uur van die dag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle dink hierdie mense is dronk, maar hulle is nie, want dit is nou nege-uur in die oggend.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie mense is nie dronk soos party van julle dink nie. Dis dan nou eers nege-uur in die oggend.