Acts 2:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En op my diensknegte en oor my diensmaagde sal Ek in daardie dae van my Gees uitstort; en hulle sal profeteer:
Afrikaans (NLV) 2011
Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.
Afrikaans 1933/1953
En ook op my diensknegte en diensmaagde sal Ek in die dae van my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Afrikaans 1983
Ja, op my dienaars en my dienaresse sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal as profete optree.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ja, ook oor my slawe en slavinne sal Ek in daardie dae my Gees uitstort, en hulle sal profeteer.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, in die laaste dae sal Ek my Gees gee vir elke man en vrou wat vir My werk, en hulle sal God se boodskap bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
‘Met julle jongmense sal Ek in visioene praat. En met die ouer mense onder julle sal Ek in drome praat. Op almal wat My dien, mans en vroue, sal Ek aan die einde van die tyd my Gees uitstort.