Acts 2:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat daardie groot en merkwaardige dag van die Here kom.
Afrikaans (NLV) 2011
Die son sal ’n donker kol word, en die maan ’n bloedkol, voordat die groot en heerlike Dag van die Here kom.
Afrikaans 1933/1953
Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Afrikaans 1983
Die son sal pikdonker word en die maan bloedrooi voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en glorieryke dag van die Here kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die son sal heeltemal donker word, en die maan sal word soos bloed. Dan sal die groot en belangrike dag van die Here kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Bloed en vuur en donker rook sal hemel en aarde vul. Ek sal die son pikswart maak, en die maan so rooi soos bloed. ‘Al hierdie dinge sal gebeur kort voordat die groot dag van die Here aanbreek; daardie dag waarop Hy na die wêreld toe terugkom.