Acts 2:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Manne van Israel, hoor hierdie woorde; Jesus van Nasaret, 'n man wat deur God onder julle goedgekeur is deur wonders en wonders en tekens wat God deur Hom in julle midde gedoen het, soos julle self ook weet:
Afrikaans (NLV) 2011
“Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het.
Afrikaans 1933/1953
Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus, die Nasar,ner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet --
Afrikaans 1983
“Israeliete, luister na hierdie woorde! God het Jesus van Nasaret aan julle bekend gestel deur die kragtige dade, die wonders en die tekens wat God Hom by julle laat doen het. Daarvan weet julle self.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Israeliete, luister na hierdie woorde! Jesus van Nasaret was 'n man wat deur God aan julle bekend gemaak is deur kragtige dade en die wonders en tekens wat God deur Hom in julle midde verrig het, soos julle self ook weet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Israeliete, julle moet goed luister na wat ek sê: Julle weet dat God vir Jesus van Nasaret groot dinge en wonderwerke en tekens laat doen het toe Jesus by julle was. So het God gewys dat Hy self vir Jesus gestuur het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Vriende, julle moet mooi luister na wat ek nou vir julle wil sê. Jesus van Nasaret is die Man wat deur God aangestel is om groot wonderwerke en tekens onder julle te doen.