Acts 2:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
wat God opgewek het deurdat Hy die pyne van die dood losgemaak het, omdat dit nie moontlik was dat Hy daaraan vasgehou sou word nie.
Afrikaans (NLV) 2011
God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.
Afrikaans 1933/1953
Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word.
Afrikaans 1983
Maar God het Hom van die smarte van die dood verlos en Hom uit die dood laat opstaan. Dit was immers vir die dood onmoontlik om Hom gevange te hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
God het Hom egter laat opstaan en van die lyding van die dood bevry, omdat dit onmoontlik was dat Hy deur die dood vasgehou word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar God het toe vir Jesus vrygemaak van die pyne van die dood, Hy het vir Jesus weer laat lewe. Want die dood kon nie vir Jesus vashou nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Maar God het Hom weer lewendig gemaak. Hy het al die bande van die dood van Jesus afgegooi en Hom lewendig daar laat uitstap.