Acts 2:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Omdat U my siel nie in die hel sal laat nie, en U Heilige nie sal toelaat om verderwing te sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie.
Afrikaans 1933/1953
Want U sal my siel nie aan die doderyk oorlaat of u Heilige oorgee om verderwing te sien nie.
Afrikaans 1983
want U sal my nie aan die doderyk oorlaat nie; U sal nie toelaat dat u troue dienaar vergaan nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
want U sal my siel nie aan Hades oorlaat, en u Heilige nie ontbinding laat beleef nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Want U sal nie vir my na die doderyk laat gaan nie. Ek is aan U gewy, U sal my nie laat sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Nie eens die dood kan my meer bangmaak nie, want U sal nooit toelaat dat die kloue van die dood my vir altyd vashou nie. U sal nooit u eie kind, u oogappel, daar in die doderyk laat vergaan nie.