Acts 2:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe is die wat sy woord met blydskap aangeneem het, gedoop, en op dieselfde dag is omtrent drieduisend siele by hulle gevoeg.
Afrikaans (NLV) 2011
Dié wat Petrus se boodskap aanvaar het, is gedoop en hulle het lede van die kerk geword. Hulle was so 3 000.
Afrikaans 1933/1953
Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop; en daar is op die dag omtrent drie duisend siele toegebring.
Afrikaans 1983
Dié wat sy woorde aangeneem het, is gedoop, en omtrent drie duisend mense is op daardie dag by die getal van die gelowiges gevoeg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Diegene wat sy boodskap aangeneem het, is gedoop, en op daardie dag is ongeveer drieduisend mense toegevoeg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat besluit het om te doen wat Petrus sê, is gedoop. En God het nog omtrent 3 000 mense op daardie dag gelowiges laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na Petrus se woorde het ’n groot aantal mense, omtrent 3 000, tot bekering gekom. Daarna is hulle gedoop.