Acts 2:42 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hulle het volhard in die leer van die apostels en die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
Afrikaans (NLV) 2011
Hulle het hulle volledig gewy aan die leer van die apostels, aan die versorging van mekaar, aan die gemeenskaplike maaltye, en aan gebede.
Afrikaans 1933/1953
En hulle het volhard in die leer van die apostels en in die gemeenskap en in die breking van die brood en in die gebede.
Afrikaans 1983
Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hulle het bly volhard in die leer van die •apostels, die verbondenheid met mekaar, die breek van die brood, en gebede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die gelowiges het aangehou om die dinge te doen wat die apostels vir hulle geleer het en hulle was altyd saam. Hulle het ook altyd saam geëet en gebid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Van toe af het hierdie nuwe gelowiges gereeld bymekaargekom om te hoor wat die apostels leer. Hulle het nou in ’n splinternuwe verhouding met God en met mekaar gestaan. Hulle het ook gereeld saamgeëet en saamgebid.